Egiptiese piramide

’n Uitsig op die piramides by Giza. Van links is die drie grootstes: die Piramide van Menkaoere, van Chafra en van Choefoe. Die drie kleiner piramides op die voorgrond behoort tot die Menkaoere-kompleks.
Die Piramide van Chafra vanaf die Groot Sfinks.

Die Egiptiese piramides is antieke piramidevormige boustrukture in Egipte. Tot in 2008 is 138 piramides in dié land ontdek.[1][2] Die meeste is gebou as grafkelders vir die land se farao's en hul vroue tydens die periodes van die Ou en die Middelryk van Egipte.[1][3]

Die vroegste bekende Egiptiese piramides word aangetref by Saqqara, noordwes van Memphis. Die oudste van hulle is die Piramide van Djoser (gebou van 2630-2611 v.C.), tydens die 3de Dinastie. Dit is deur die argitek Imhotep ontwerp en word algemeen beskou as die wêreld se oudste monumentstruktuur van vormklipwerk.[4] Die raming van hoeveel werkers nodig sou wees om die piramides te bou, wissel van ’n paar duisend tot 100 000.[5]

Die bekendste Egiptiese piramides is dié by Giza, aan die buitewyke van Kaïro. Verskeie van die Giza-piramides word beskou as van die grootste strukture wat nog gebou is.[6] Die grootste een is die Piramide van Cheops (of Choefoe). Dit is die enigste van die Sewe Wonders van die Antieke Wêreld wat nog bestaan.

  1. 1,0 1,1 Slackman, Michael (17 November 2008). "In the Shadow of a Long Past, Patiently Awaiting the Future". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2019. Besoek op 1 Mei 2010.
  2. Mark Lehner (2008). The Complete Pyramids: Solving the Ancient Mysteries. p. 34. Thames & Hudson. 25 Maart 2008. ISBN 978-0-500-28547-3.
  3. Michael Ritter (2003) [1] Geargiveer 11 Mei 2008 op Wayback Machine Dating the Pyramids. URL besoek op 13 April 2005
  4. Lehner, Mark (1997). The Complete Pyramids. New York: Thames and Hudson. p. 84. ISBN 978-0-500-05084-2.
  5. "Who Built the Pyramids?" (in Engels). National Geographic Society. 1996. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2012. Besoek op 25 Julie 2012.
  6. Watkin, David (2005). A History of Western Architecture (4th uitg.). Laurence King Publishing. p. 14. ISBN 978-1-85669-459-9.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne