Ekonomiese streke van Rusland

██ Sentrale ekonomiese streek ██ Ekonomiese streek Sentraal-Swartgrond ██ Oos–Siberiese ekonomiese streek ██ Verre-Oosterse ekonomiese streek ██ Noordelike ekonomiese streek ██ Ekonomiese streek Noord-Kaukasus ██ Noordwestelike ekonomiese streek ██ Ekonomiese streek Wolga ██ Ekonomiese streek Oeral ██ Ekonomiese streek Wolga-Wjatka ██ Wes-Siberiese ekonomiese streek ██ Ekonomiese streek Kaliningrad

Rusland is verdeel in twaalf ekonomiese streke (Russies: экономи́ческие райо́ны, ekonomitsjeskije rajoni) – groepe administratiewe eenhede wat die volgende eienskappe deel:

  • Ooreenstemmende ekonomiese en sosiale doelwitte en deelname aan ontwikkelingsprogramme;
  • Min of meer dieselfde ekonomiese toestande en potensiaal;
  • Dieselfde klimaats-, ekologiese en geologiese toestande;
  • Ooreenstemmende metodes om nuwe konstruksies te inspekteer;
  • Ooreenstemmende metodes om belastingkwessies te hanteer;
  • Ooreenstemmende lewensomstandighede van die bevolking.

Geen federale deelgebied mag tot meer as een ekonomiese streek behoort nie. Die federale regering van Rusland besluit oor die stigting en afskaffing van ekonomiese streke of enige verandering in hul samestelling.

Hierdie verdeling in ekonomiese streke verskil van die indeling in federale distrikte – eersgenoemde is uitsluitlik vir ekonomiese en statistieke doeleindes, terwyl laasgenoemde suiwer om administratiewe redes is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne