Elea

Uitgrawingsgebied van Velia (Elea) naby Ascea in Kampanië, Italië.

Elea, Antieke Grieks: Ἐλέα, deur die Romeine Velia genoem, was 'n antieke Griekse stad in Italië. Elea was in Lucania, in die suide van Italië naby die Middellandse See. Dit is omstreeks 540 vC gestig en is 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied.

Elea is veral bekend daarvoor dat dit die tuiste is van 'n aantal Griekse filosowe, wat Eleates genoem is en die Skool van Elea gestig het. Hierdie skool het Parmenides en Zenon van Elea ingesluit. Xenophanes word ook soms as deel van die skool gereken.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne