Embrio

’n Sewe weke oue menslike embrio.

’n Embrio is ’n vroeë stadium in die ontwikkeling van ’n meersellige, diploïede, eukariotiese organisme. In organismes wat seksueel voortplant, ontwikkel ’n embrio gewoonlik uit ’n sigoot, die enkele sel wat die gevolg is van die bevrugting van die vroulike eiersel deur die manlike spermsel. By plante, diere en sommige protiste sal die sigoot begin verdeel deur mitose om ’n meersellige organisme voort te bring.

By mense word ’n swangerskap gewoonlik beskou as vanaf die embriostadium van ontwikkeling, tussen die vyfde en elfde week ná bevrugting,[1] en die embrio word van die twaalfde week af ’n fetus genoem.

  1. "Pregnancy week by week". Mayo (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2020. Besoek op 21 Februarie 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne