F.F. Odendal

F.F. Odendal
Gebore
Francois Frederik Odendal

28 Desember 1926
Sterf6 April 2013 (op 86)
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepTaalkundige, leksograaf
Bekend virOuteur van die HAT
EggenootEstelle D. Terburgh
Kinders2 dogters
'n HAT met Odendal se van op die rugkant.

Prof. Francois Frederik Odendal (1926–2013) was 'n Afrikaanse taalkundige en leksikograaf. Hy was die eerste hoogleraar in Afrikaanse taalkunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit en was van 1971 tot 2005 die hoofredakteur van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT).[1]

Odendal was dekades lank 'n lid, en later ook die voorsitter, van die Taalkommissie, die liggaam wat verantwoordelik is vir die opstel van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. In 1984 het die Taalkommissie onder sy voorsitterskap die vertalende Lys van klassieke eiename gepubliseer.

Hy het ook 25 jaar lank op die destydse komitee vir taaladvies van die SAUK gedien, waar hy 'n bydrae tot onder meer nuutskeppings gelewer het. Die C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap is in 1985 aan hom toegeken.

Odendal is op Saterdag 6 April 2013 in Kaapstad oorlede.[2]

  1. Biografie op stellenboschwriters.com, besoek op 11 April 2013
  2. Afrikaans verloor 'n groot gees Geargiveer 13 April 2013 op Wayback Machine, PRAAG, 10 April 2013

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne