Fetus

’n Fetus is die ongebore vrug van ’n dier wat uit ’n embrio ontwikkel.[1] Ná die ontwikkeling van die embrio begin die stadium van fetusontwikkeling – by mense is dit die negende week ná bevrugting. Dit duur voort tot met die geboorte.[2]

Voorgeboortelike ontwikkeling is aaneenlopend, met geen definitiewe eienskap wat ’n fetus van ’n embrio onderskei nie. ’n Fetus word egter gekenmerk deur die teenwoordigheid van al die belangrike organe, hoewel hulle nie ten volle ontwikkel is of op die regte anatomiese plekke voorkom nie.

  1. Ghosh, Shampa; Raghunath, Manchala; Sinha, Jitendra Kumar (2017) (in en), Fetus, Springer International Publishing, pp. 1–5, doi:10.1007/978-3-319-47829-6_62-1, ISBN 9783319478296 
  2. "First Trimester - American Pregnancy Association". americanpregnancy.org. 1 Mei 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne