Forum Romanum

Uitsig oor die Forum Romanum in 2021

Die Forum Romanum is 'n reghoekige forum of plaza omring deur die bouvalle van verskillende belangrike antieke regeringsgeboue in die middel van die stad Rome. Dit was eens 'n moeras in 'n vallei wat tydens die laat 7de eeu v.C. as dorpsgebied herwin is. Hier het die Romeinse Forum dan gaandeweg begin vorm aanneem, om vir meer as 'n millennium lank die middelpunt van die openbare lewe te word.[1] Burgers van die antieke stad het na hierdie ruimte, in die vroeë dae 'n markplek, verwys as die Forum Magnum, of bloot die Forum.

  1. The Roman Forum: Areas and monuments, P.ar.co Archeologico del Colosseo

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne