Gallo

Gallo
Galo
Gepraat in: Vlag van Frankryk Frankryk 
Gebied: Bretagne
Totale sprekers: 28 000
Taalfamilie: Indo-Europees
 Romaans
  Wes-Romaans
   Galloiberies
    Galloromaans
     Gallorhaeties
      Oïl
       Gallo 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: -
ISO 639-2: -
ISO 639-3: - 
Tale in die Bretagne
'n Tweetalige bord in 'n moltreinstasie in Rennes

Gallo (Galo) is 'n streektaal van Frankryk, wat veral in die oostelike Bretagne gepraat word. Gallo behoort - in teenstelling met die Keltiese Bretons - tot die Romaanse Oïl-taalfamilie en is derhalwe nou verwant aan ander Noord-Franse streektale soos Normandies, Pikardies en Pointevin-Saintongies. Gallo het vermoedelik ná 1000 as 'n selfstandige dialek ontwikkel.

Die naam Gallo is moontlik afgelei van die Bretonse gallaoued, wat na die geromaniseerde Galliese inwoners van Bretagne verwys.

Desondanks sy tradisie as 'n literêre taal is Gallo beperk tot sy rol as omgangstaal en medium vir toneelopvoerings en inheemse musiek. Een van die moltreinstasies in die Bretonse hoofstad Rennes maak gebruik van tweetalige aanwysings in Frans en Gallo, maar anders bly Gallo in sy eie taalgebied meesal onsigbaar.

Danksy die Gallo-taalbeweging geniet die taal sedert die sewentigerjare erkenning in die plaaslike openbare lewe. Onderwysers kan die amptelike Certificat d’Aptitude à l’Enseignement du Gallo verwerf om hulle as Gallo-onderwysers te bekwaam. Gallo is nou 'n opsionele skoolvak vir hoërskool-leerlinge.

Die woordeskat en grammatika van Gallo toon 'n sekere invloed van Bretons, maar is oorwegend van die Latynse en Gallo-Romeinse taal oorgeërf.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne