Ganumedes (maan)

Ganumedes   
Ganumedes
Ganumedes, soos waargeneem deur die Galileo-wenteltuig op 26 Junie 1996.
Ontdekking
Ontdek deur Galileo Galilei
Datum 7 Januarie 1610[1][2][3]
Alternatiewe nameJupiter III
Wentelbaaneienskappe
Periapside 1 069 200 km[b]
Apoapside 1 071 600 km[a]
Halwe lengteas 1 070 400 km[4]
Wentelperiode 7,15455296 dae[4]
Gem. omwentelingspoed 10,880 km/s
Baanhelling 0,20° (tot Jupiter se ewenaar)[4]
Satelliet van Jupiter
Fisiese eienskappe
Gem. radius 2634,1 ± 0,3 km
(0,413 aardradiusse)[5]
Oppervlakte 87,0 miljoen km2
(0,171 aardes)[c]
Volume 7,610 km3
(0,0704 aardvolumes)[d]
Massa 1,481923 kg
(0,025 aardmassas)[5]
Gem. digtheid 1,936 g/cm3[5]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
1,428 m/s2 (0,146 g)[e]
Ontsnapping-
snelheid
2,741 km/s[f]
Rotasieperiode sinchronies
Ashelling 0-0,33°[6]
0,43 ± 0,02[7]
Oppervlak-temp.
   Kelvin
mingem.maks
70[8]110[8]152
Skynmagnitude 4,61 (opposisie)[7]
4,38 (in 1951)[9]
Atmosfeer
Oppervlakdruk Tekens
Samestelling Suurstof (100 %)[10]

Ganumedes (Grieks: Γανυμήδης, Engels: Ganymede; ook Jupiter III genoem) is die grootste maan van die planeet Jupiter, asook die grootste maan en negende grootste voorwerp in die Sonnestelsel (insluitende die Son). Met ’n deursnee van 5 268 km is dit groter as Mercurius, maar sy massa is net 50% van dié van Mercurius. Ganumedes is die enigste maan wat sonder 'n teleskoop sigbaar is, maar net in baie goeie en donker situasies.

Die baanresonansie van Ganumedes, Europa en Io.

Ganumedes het ’n metaalkern en is die enigste maan in die Sonnestelsel wat sover bekend ’n magneetveld het. Dit is die derde van die mane van Galilei, die eerste groep voorwerpe wat om ’n ander planeet wentel wat ontdek is. Dit is die sewende maan van Jupiter af.[11] Dit wentel rofweg elke sewe dae om Jupiter en is respektiewelik in ’n 1:2:4-baanresonansie met die mane Europa en Io.

Dis moontlik dat Ganumedes in 364 v.C. deur die Chinese sterrekundige Gan De ontdek is. Galileo Galilei kry egter gewoonlik die eer daarvoor; die sterrekundige het die maan se bestaan op 7 Januarie 1610 geregistreer, saam met die drie ander mane van Galilei, Kallisto, Europa en Io. Ganumedes is die enigste maan van Jupiter wat 'n manlike naam het. Dit is genoem na Ganumedes, ’n goddelike held en Trojaanse prins, seun van Tros van Dardanië en Kallirroë, en ’n geliefde van Zeus in die Griekse mitologie.

Ganumedes is saamgestel uit omtrent ewe veel hoeveelhede silikaatrots en waterys.[12] Dit het ’n ysterryke, vloeibare kern en ’n interne oseaan wat meer water kan bevat as die Aarde se oseane saam.[13][14][15][16][17] Sy oppervlak bestaan uit twee soorte terrein: Donker streke vol impakkraters wat dateer van vier miljard jaar gelede bedek omtrent ’n derde van die maan, terwyl ligter streke met uitgebreide groewe en riwwe wat net effens jonger is, die res bedek. Die oorsaak van die ligte terrein se versteurde geologie is nie bekend nie, maar dit is waarskynlik vanweë tektoniese aktiwiteit wat deur getyverhitting veroorsaak is.[5]

Ganumedes se magneetveld word moontlik geskep deur konveksie in sy vloeibare ysterkern.[18] Die maan het ’n dun suurstofatmosfeer wat O, O2 en moontlik O3 (osoon) insluit.[10]

Van Pioneer 10 af het verskeie ruimtetuie Ganumedes verken.[19] Die Voyager-tuie het metings van sy grootte verfyn, terwyl Galileo sy ondergrondse oseaan en magneetveld ontdek het. Die volgende beplande sending na die Jupiterstelsel is die Europese Ruimteagentskap se "Jupiter Icy Moon Explorer" (JUICE), wat volgens plan in 2022 gelanseer sal word. Ná verbyvlugte van al drie ysmane, sal die tuig waarskynlik in ’n wentelbaan om Ganumedes gaan.[20]

  1. Galilei, Galileo (1610). "Sidereus Nuncius" (PDF). University of Oklahoma History of Science. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 Desember 2005. Besoek op 13 Januarie 2010.
  2. Wright, Ernie. "Galileo's First Observations of Jupiter" (in Engels). University of Oklahoma History of Science. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 30 September 2015. Besoek op 13 Januarie 2010.
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NASA
  4. 4,0 4,1 4,2 "Planetary Satellite Mean Orbital Parameters". Jet Propulsion Laboratory, California Institute of Technology.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 Showman, Adam P.; Malhotra, Renu (1999). "The Galilean Satellites" (PDF). Science. 286 (5437): 77–84. doi:10.1126/science.286.5437.77. PMID 10506564. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 14 Mei 2011. Besoek op 23 Maart 2012.
  6. Bills, Bruce G. (2005). "Free and forced obliquities of the Galilean satellites of Jupiter". Icarus. 175 (1): 233–247. Bibcode:2005Icar..175..233B. doi:10.1016/j.icarus.2004.10.028.
  7. 7,0 7,1 Yeomans, Donald K. (13 Julie 2006). "Planetary Satellite Physical Parameters" (in Engels). JPL Solar System Dynamics. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op 5 November 2007.
  8. 8,0 8,1 Delitsky, Mona L.; Lane, Arthur L. (1998). "Ice chemistry of Galilean satellites" (PDF). J.of Geophys. Res. 103 (E13): 31, 391–31, 403. Bibcode:1998JGR...10331391D. doi:10.1029/1998JE900020. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Maart 2016. Besoek op 23 Maart 2012.
  9. Yeomans and Chamberlin. "Horizon Online Ephemeris System for Ganymede (Major Body 503)". California Institute of Technology, Jet Propulsion Laboratory. Besoek op 14 April 2010. (4,38 op 3 Oktober 1951)
  10. 10,0 10,1 Hall, D.T.; Feldman, P.D.; et al. (1998). "The Far-Ultraviolet Oxygen Airglow of Europa and Ganymede". The Astrophysical Journal. 499 (1): 475–481. Bibcode:1998ApJ...499..475H. doi:10.1086/305604.
  11. Bland; Showman, A.P.; Tobie, G. (Maart 2007). "Ganymede's orbital and thermal evolution and its effect on magnetic field generation" (PDF). Lunar and Planetary Society Conference. 38: 2020. Bibcode:2007LPI....38.2020B.
  12. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NYT-20150315
  13. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ocean Hubble
  14. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named RT Ganymede
  15. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named clubsandwich 2014
  16. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Vance
  17. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NASA-20140501c
  18. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Kivelson2002
  19. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Pioneer 11
  20. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named selection

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne