Gas

Gas is een van die toestande van materie, wat bestaan uit vrylik bewegende atome of molekule wat nie 'n bepaalde vorm of 'n bepaalde volume het nie. In vergelyking met die vloeistof- en vastetoestand van materie het 'n gas 'n laer digtheid en viskositeit. Die volume van 'n gas sal verander met veranderinge in die temperatuur en druk soos by benadering beskryf word deur die ideale gaswet. 'n Gas het ook verder die eienskap dat dit geredelik sal diffundeer en sal uitsit om die ruimte van enige houer te vul.

Die woord gas is deur die Vlaamse chemikus, Jan Baptist van Helmont, voorgestel as 'n Hollandse fonetiese weergawe van die Griekse woord "chaos".[1]

  1. http://www.etymonline.com/index.php?term=gas

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne