Gis

Gis
Gis van die spesie Saccharomyces cerevisiae, waarmee jogurt gemaak word
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Phylum en Subphyla

Gis is 'n eukariotiese mikro-organisme (enkelselorganisme) wat deel vorm van die swamkoninkryk met ongeveer 1 500 spesies wat reeds geïdentifiseer is.[1] Daar word beraam dat hulle ongeveer 1% van alle swamspesies uitmaak.[2] Alhoewel giste enkelselorganismes is, kan sekere spesies kettings vorm waar die onafhanklike selle nie skei na ontkieming nie, en 'n pseudohife vorm as gevolg hiervan.[3]

Die grootte van 'n gissel verskil baie en is afhanklik van die gisspesie en die omgewing waarin dit leef. 'n Gissel is so 3–4 µm in diameter, alhoewel sekere giste tot 40 µm kan groei.[4] Die meeste giste vermeerder deur 'n asimmetriese verdelingsproses wat as ontkieming bekend staan.

Giste is nie 'n enkele taksonomiese eenheid nie, maar eerder 'n groep organismes wat 'n soortgelyke voorkoms toon. Die woord "gis" word gereeld gebruik as 'n sinoniem vir Saccharomyces cerevisiae,[5] maar die giste kan in een van twee aparte fila geplaas word, die Ascomycota en die Basidiomycota. Die ontkiemende giste ("ware giste") word onder die orde Saccharomycetales geplaas.[6]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named YeastRef1
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Kurtzman2
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Kurtzman1
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Walker
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Kurtzman1994
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named YeastRef2

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne