Heksose

Ringstruktuur van D-heksoses

'n Heksose is 'n monosakkaried, 'n eenvoudige suiker, met ses koolstofatome C6H12O6. Heksoses kan 'n ringstruktuur hê, maar dit kan ook in oopkettingvorm voorkom.

Heksoses speel 'n belangrike rol in die biochemie, die natuur en die landbou. Byvoorbeeld wyn-mos bevat sowel glukose as fruktose, altwee heksoses, en die verhouding tussen hierdie twee kan ongunstig raak om fermentasies te onderhou. Dit kan lei tot die verlies van wynproduksie en -kwaliteit.[1]

Daar is twee tipes heksose:

  1. Aldoheksoses — hulle het 'n aldehied-funksionele-groep (R-(C=O)-H) in posisie 1
  2. Ketoheksoses — hulle het 'n ketoon-funksionele-groep (R'-(C=O)-R) in posisie 2
  1. Mocke, Leanie (Maart 2013-03). Kinetic modelling of wine fermentations : why does yeast prefer glucose to fructose Proefskrif (MSc). Universiteit Stellenbosch.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne