Homo erectus

Homo erectus
Tydperk: Pleistoseen
1.9–0.1 m. jaar gelede
’n Replika van die skedel van die Pekingmens in die Paleosoölogiese Museum van China.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Infraorde:
Superfamilie:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Spesie:
H. erectus
Binomiale naam
Homo erectus
(Dubois, 1892)
Sinonieme
  • Pithecanthropus erectus
  • Sinanthropus pekinensis
  • Javanthropus soloensis
  • Meganthropus paleojavanicus
  • Telanthropus capensis
  • Homo ergaster?

Homo erectus ("regop mens") is ’n uitgestorwe hominienspesie wat regdeur die grootste deel van die Pleistoseen geleef het. Die vroegste fossiele bewyse dateer uit sowat 2 miljoen jaar gelede[1] en die mees onlangse bewyse uit sowat 108 000 jaar gelede. Die spesimens is van die eerste herkenbare lede van die genus Homo.

Verskeie menslike spesies, soos H. heidelbergensis en H. antecessor het blykbaar uit H. erectus ontwikkel, en Neanderdallers, H. denisova en die moderne mens het op hulle beurt vermoedelik uit H. heidelbergensis ontwikkel.[2]

H. erectus was die eerste menslike voorouer wat deur die hele Eurasië versprei het, van die Iberiese Skiereiland tot Java. Asiatiese bevolkings van H. erectus kon die voorouers gewees het van H. floresiensis[3] en moontlik H. luzonensis.[4] Die laaste bekende bevolking van H. erectus is H. e. soloensis van Java, sowat 117 000 tot 108 000 jaar gelede.[5]

H. erectus het 'n moderner houding en liggaamsproporsies gehad en was die eerste menslike spesie met 'n plat gesig, prominente neus en moontlik 'n yl haarbedekking. Hoewel die spesie se breine groter as dié van sy voorouers was, het die kapasiteit grootliks gewissel na gelang van die bevolking. Dit lyk of die breine in vroeëre bevolkings vroeg in die kinderjare ophou ontwikkel het, wat daarop dui kinders was met geboorte in 'n groot mate selfonderhoudend en dat dit kognitiewe ontwikkeling deur hulle lewe beperk het. H. erectus was 'n roofdier aan die bopunt van die voedselketting;[6] Op terreine is die oorblyfsels ontdek van mediumgroot tot groot diere, soos beeste of olifante. Dit lyk dus of hulle in groepe gejag het. Die spesie word verbind met die vroeë steengereedskapsbedryf en was vermoedelik die eerste menslike voorouer wat vuur gebruik,[7] in groepe gejag en kos versamel het, beseerde en siek groepslede versorg het en moontlik op die see gevaar het. Hulle was dalk ook die vroegste beoefenaars van kuns, maar bewyse daarvoor is skaars.

Die mans en vroue was rofweg dieselfde grootte (dus met min geslagsdimorfie), wat kan dui op monogamie in ooreenstemming met algemene neigings onder primate. Die lengte het wel van 146-185 cm gewissel en gewig van 40-68 kg. Dit is onduidelik of H. erectus kon praat, hoewel al voorgestel is hulle het deur die een of ander prototaal gekommunikeer.

  1. Herries AI, Martin JM, Leece AB, Adams JW, Boschian G, Joannes-Boyau R, et al. (April 2020). "Contemporaneity of Australopithecus, Paranthropus, and early Homo erectus in South Africa". Science. 368 (6486): eaaw7293. doi:10.1126/science.aaw7293. PMID 32241925.
  2. Dembo M, Radovčić D, Garvin HM, Laird MF, Schroeder L, Scott JE, et al. (Augustus 2016). "The evolutionary relationships and age of Homo naledi: An assessment using dated Bayesian phylogenetic methods". Journal of Human Evolution. 97: 17–26. doi:10.1016/j.jhevol.2016.04.008. hdl:2164/8796. PMID 27457542.
  3. van den Bergh GD, Kaifu Y, Kurniawan I, Kono RT, Brumm A, Setiyabudi E, et al. (Junie 2016). "Homo floresiensis-like fossils from the early Middle Pleistocene of Flores". Nature. 534 (7606): 245–248. Bibcode:2016Natur.534..245V. doi:10.1038/nature17999. PMID 27279221. S2CID 205249218.
  4. Détroit F, Mijares AS, Corny J, Daver G, Zanolli C, Dizon E, et al. (April 2019). "A new species of Homo from the Late Pleistocene of the Philippines" (PDF). Nature. 568 (7751): 181–186. Bibcode:2019Natur.568..181D. doi:10.1038/s41586-019-1067-9. PMID 30971845. S2CID 106411053.
  5. Rizal Y, Westaway KE, Zaim Y, van den Bergh GD, Bettis EA, Morwood MJ, et al. (Januarie 2020). "Last appearance of Homo erectus at Ngandong, Java, 117,000-108,000 years ago". Nature. 577 (7790): 381–385. doi:10.1038/s41586-019-1863-2. PMID 31853068. S2CID 209410644.
  6. Ben-Dor M, Sirtoli R, Barkai R (Augustus 2021). "The evolution of the human trophic level during the Pleistocene". American Journal of Physical Anthropology. 175 (Suppl 72): 27–56. doi:10.1002/ajpa.24247. PMID 33675083.
  7. Zohar, Irit; Alperson-Afil, Nira; Goren-Inbar, Naama; Prévost, Marion; Tütken, Thomas; Sisma-Ventura, Guy; Hershkovitz, Israel; Najorka, Jens (14 November 2022). "Evidence for the cooking of fish 780,000 years ago at Gesher Benot Ya'aqov, Israel". Nature Ecology & Evolution (in Engels). 6 (12): 2016–2028. doi:10.1038/s41559-022-01910-z. ISSN 2397-334X.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne