ICD-10 Hoofstuk V: Gedrags- en geestesteurings

ICD-10 Hoofstuk V omvat gedrags- en geestesteurings, gerangskik volgens die tiende uitgawe van die Internasionale Statistiese Klassifikasie van Siektes en Verwante Gesondheidsprobleme.[1] Die hoofstuk omvat die kodes F00 tot F99.

In teenstelling met ander hoofstukke van die ICD-10, word die definisies van elke groep steurings van hoofstuk V uitgebrei beskryf deur die Wêreldgesondheidsorganisasie, sodat geen onsekerheid kan bestaan oor die presiese kode wat aan die spesifieke geestesteuring toegeken moet word nie.

  1. WGO, Internasionale Statistiese Klassifikasie van Siektes en Verwante Gesondheidsprobleme, 10de hers. uitg. vir 2007

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne