Impressionisme

Claude Monet se skildery Impression, soleil levant (1872) het sy naam aan die kunsbeweging verleen
Claude Monet se Waterlelies (1906)

Impressionisme was 'n 19de eeuse kunsbeweging wat begin het as 'n los genootskap van kunstenaars wat in Parys gesetel was, wat begin het om hul werk in die jare 1860 in die openbaar uit te stal.

Die naam van die beweging is afgelei van Claude Monet se Impression, soleil levant (Indruk, sonopkoms). 'n Kunskritikus Louis Leroy het onwetend hierdie "isme" laat ontstaan in 'n satiriese resensie wat gepubliseer is in Le Charivari.

Die invloed van Impressionistiese denke het buite die kunswêreld versprei en aanleiding gegee tot Impressionistiese musiek en Impressionistiese literatuur.

Kenmerke van impressionistiese skilderkuns sluit ondermeer die volgende in: sigbare kwasmerke, helder kleure, oop komposisie, klem op die veranderings van lig met tyd, gewone onderwerpe en ongewone aansigte.

Impressionisme beskryf ook kuns in hierdie styl, maar na die laat 19de eeuse tydperk.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne