Kaappunt

Kaappunt
'n Kaart van die Kaapse Skiereiland

Kaappunt is die verste punt van die Kaapse Skiereiland en daar word dikwels verkeerdelik aangeneem dat dit die suidelikste punt van Afrika is. Dit is onlangs ingesluit as deel van die Tafelberg- Nasionale Park, met die punt wat 'n gesogte hengel- en piekniekplek is. Kaappunt se hoogste spits is 243 m bo seevlak en bestaan hoofsaaklik uit sandsteen.[1]

Die Kaapse Skiereiland, wat waarskynlik duisende jare lank 'n eiland was, het ongeveer 60 miljoen jaar gelede 'n skiereiland geword moontlik as gevolg van die plaaslike opheffing van die aardkors. Die sanderige, laagliggende grondstrook wat die Skiereiland met die vasteland verbind, staan as die Kaapse Vlakte bekend. Dit is die enigste skiereiland aan die Suid-Afrikaanse kus.

  1. Cape Point Tuisblad, besoek op 26 Mei 2012

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne