Karelsuniversiteit

Karelsuniversiteit

Gestig:1348
Tipe:Openbare universiteit
Befondsing:8.9 miljard CZK[1]
Rektor:Tomáš Zima
Personeel:4026[1]
Studentetal:51438[1]
Voorgraadse studente:32520[1]
Nagraadse studente:9288[1]
Doktorale studente:7428[1]
Ligging:Praag, Tsjeggië
Kampus:Stedelik
Kleure:Rooi en Wit[2]
        
Affiliasies:Coimbra Groep
Europese Universiteit-assosiasie
Europaeum
Webtuiste:http://www.cuni.cz/UKEN-1.html

Die Karelsuniversiteit, ook bekend as Karelsuniversiteit in Praag (Tsjeggies: Univerzita Karlova; Latyn: Universitas Carolina; Duits: Karls-Universität) of histories as die Universiteit van Praag (Latyn: Universitas Pragensis), is die oudste en grootste universiteit in die Tsjeggiese Republiek. Dit is in 1348 gestig en was die eerste universiteit in Sentraal-Europa.[3] Dit is een van die oudste universiteite wat deurlopend operasioneel was vanaf sy stigting oftewel waarvan die aktiwiteite nooit gestaak is nie.[4] Vandag bestaan die universiteit uit sewentien fakulteite wat geleë is in Praag, Hradec Králové en Plzeň. Die universiteit se akademiese uitgewers-huis is Karolinum Press. Die universiteit bedryf ook verskeie museums en twee botaniese tuine.

Die universiteit se seël bevat sy beskermheer Keiser Karel IV, met sy wapen as Koning van die Romeine en Koning van Boheme wat voor Sint Wenceslaus, die beskermheilige van Boheme, kniel. Om dit is die inskrywing Sigillum Universitatis Scolarium Studii Pragensis (Afrikaans: Seël van die Praag akademie).[5]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "Facts and figures(sourced from Annual Report 2016 and Annual Financial Report 2016)" (in Engels). Karelsuniversiteit. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2019. Besoek op 7 April 2018.
  2. "Opatření rektora č. 31/2016". Univerzita Karlova (in Tsjeggies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2020.
  3. Joachim W. Stieber: "Pope Eugenius IV, the Council of Basel and the secular and ecclesiastical authorities in the Empire: the conflict over supreme authority and power in the church", Studies in the history of Christian thought, Vol. 13, Brill, 1978, ISBN 90-04-05240-2, bl.82; Gustav Stolper: "German Realities", Read Books, 2007, ISBN 1-4067-0839-9, p. 228; George Henry Danton: "Germany ten years after", Ayer Publishing, 1928, ISBN 0-8369-5693-1, bl. 210; Vejas Gabriel Liulevicius: "The German Myth of the East: 1800 to the Present", Oxford Studies in Modern European History Series, Oxford University Press, 2009, ISBN 0-19-954631-2, bl. 109; Levi Seeley: "History of Education", BiblioBazaar, ISBN 1-103-39196-8, bl. 141
  4. "Archived copy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2015. Besoek op 15 Augustus 2015.{{cite web}}: CS1 maint: archived copy as title (link)
  5. "Description of the Charles University seal" (in Engels). Measuring Health and Disability in Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2012. Besoek op 21 Junie 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne