Kerberos (maan)

Kerberos   

Kerberos soos op 14 Julie 2015 afgeneem deur New Horizons op 'n afstand van 396 100 km.
Ontdekking[1]
Ontdek deur Mark R. Showalter et al.
Datum 28 Junie 2011
Alternatiewe nameS/2011 P 1, P4
Etimologie Kerberos
Wentelbaaneienskappe[1]
Wentelperiode 32,1±0,3 d
Baanhelling ≈ 0
Satelliet van Pluto
Fisiese eienskappe
Gem. radius 6 km x 2 km[2]
Skynmagnitude 26,1±0,3[1]

Kerberos is 'n klein natuurlike satelliet (maan) van die dwergplaneet Pluto. Die ontdekking van Kerberos deur M.R. Showalter (wat op 20 Julie 2011 aangekondig is), volg op die ontdekking van Charon in 1978, Nix en Hidra in 2005, en maak dit die vierde bekende maan van Pluto.[1]

Die maan is genoem na Kerberos, die bewaker van die onderwêreld in die Griekse mitologie. Die ander mane van Pluto (Charon, Styx, Nix en Hidra) het ook name uit die Griekse mitologie gekry wat met die onderwêreld verband hou.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Showalter, M. R.; Hamilton, D. P. (20 Julie 2011). "New Satellite of (134340) Pluto: S/2011 (134340) 1". Central Bureau for Astronomical Telegrams (in Engels). Internasionale Astronomiese Unie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 20 Julie 2011.
  2. "Nuwe inligting by Nasa". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2015. Besoek op 26 Oktober 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne