Klas (biologie)

LeweDomeinKoninkrykFilumKlasOrdeFamilieGenusSpesie

Klas is deel van die wetenskaplike klassifikasiesisteem, sedert die vroegste werk deur Carolus Linnaeus, om alle biologiese wesens te kan klassifiseer volgens gemeenskaplike kenmerke. Klas is 'n rangorde tussen filum en orde. Daar is 'n gebruik om ook subklasse te skep, veral in die dierkunde, wanneer dit soms nodig is om 'n ekstra takson in te plaas (met ander woorde, die klas het soveel onderskeidende kenmerke dat daar te veel ordes sal wees, as daar nie 'n paar subklasse geskep word nie).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne