Kondensasie

Die vorming van kondensasie in die laedruk sone bo die vlerk van 'n vliegtuig as gevolg van adiabatiese uitsetting

Kondensasie is die verandering in die fisiese toestand van materie van die gas fase na die vloeibare fase en is die omgekeerde van verdamping. Die woord verwys meesal na die watersiklus.[1] Dit kan ook omskryf word as die verandering in die toestand van waterdamp na vloeibare water wanneer dit in aanraking kom met 'n vloeistof, 'n vaste oppervlak of wolk kondenseringskerne binne die atmosfeer. Wanneer die gas fase direk oorgaan na die soliede fase, word hierdie verandering neerslag genoem.

  1. "condensation in atmospheric chemistry". IUPAC Compendium of Chemical Terminology (in Engels). Research Triagle Park, NC: IUPAC. doi:10.1351/goldbook.c01235. ISBN 0-9678550-9-8.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne