Koning Fahd-beker in 1995

Koning Fahd-beker
كأس الملك فهد 1995
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië
Datums 6 – 13 Januarie
Spanne (van 5 konfederasies)
Stadions (in 1 stad)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Denemarke Denemarke (1 titel)
Tweede plek Vlag van Argentinië Argentinië
Derde plek Vlag van Meksiko Meksiko
Vierde plek Vlag van Nigerië Nigerië
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 8
Doele 19 (2.38 per wedstryd)
Bywoning 165 000 (20 625 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Meksiko Luis García (3 doele)
Beste speler Vlag van Denemarke Brian Laudrup
1992
1997

Die Koning Fahd-beker in 1995 (Arabies: 1995 كأس الملك فهد; Engels: King Fahd Cup) is van 6 tot 13 Januarie 1995 in Saoedi-Arabië aangebied en genoem na koning Fahd bin Abdoel Aziz al-Saoed. Dit was die tweede en laaste keer wat die sokker-konfederasiebeker onder die naam Koning Fahd-beker aangebied is, nadat dit en die vorige 1992-toernooi terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken is. Die volgende toernooie vanaf 1997 is onder FIFA se vaandel aangebied.

Die Koning Fahd-trofee waarom meegeding is

Vyf kontinentale sokkerkampioene het koning Fahd se uitnodiging aanvaar en saam met die gasheer Saoedi-Arabië aan die toernooi deelgeneem, waarvolgens twee spanne meer aan dié toernooi deelgeneem het. Vervolgens kon dit vir die eerste keer met ’n groepfase afskop, waarop die uitklopfase gevolg het. Denemarke het die toernooi gewen nadat hulle die verdedigende kampioen Argentinië met 2–0 in die eindstryd geklop het. Meksiko het in die derde en Nigerië in die vierde plek geëindig.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne