Koning Fahd II-stadion

Koning Fahd II-stadion
Pawiljoen van die Koning Fahd II-stadion

Ligging Riaad, Saoedi-Arabië
Koördinate 24°47′17.54″N 46°50′21.25″E / 24.7882056°N 46.8392361°O / 24.7882056; 46.8392361
Kapasiteit 68 752
Konstruksie
Geopen 1987
Argitek Michael KC Cheah
Huurders
Saoedi-Arabiese nasionale sokkerspan (1987–hede), Al-Hilal, Al-Shabab, Al-Nassr

Die Koning Fahd Internasionale Stadion (Arabies: ستاد الملك فهد الدولي) is 'n veeldoelige stadion in Riaad, Saoedi-Arabië, genoem ná koning Fahd bin Abdoel Aziz al-Saoed. Dit word meestal vir sokkerwedstryde ingespan, maar beskik ook oor 'n atletiekbaan. Die stadion is in 1987 gebou en kan 68 752 mense akkommodeer. Die stadion het die grootste stadiondak ter wêreld. Hier is onder ander die Koning Fahd-beker in 1992, Koning Fahd-beker in 1995 en die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1997 aangebied.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne