Krap

Krappe
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Infraorde:
Brachyura

Afdelings en subafdelings[1]

Krappe (Brachyura) is 'n groep van kreefagtige diere wat aan die orde van tienpotiges (Decapoda) behoort. Die wetenskaplike naam, Brachyura, beteken letterlik kort stert en verwys na die agterlyf wat, anders as ander kreefagtiges, nie 'n sigbare stert het nie.

Alle krappe het 10 pote, 'n dik eksoskelet en 'n plat lyf wat breër is as wat dit lank is. Die oë is op uitsteeksels gemonteer en die voorpote het knypers. Krappe beweeg lateraal voort (loop skuins) en kan vinnig ingrawe as gevaar dreig.

Krappe is 'n uiters suksesvolle groep, wat oor die hele wêreld voorkom. Hulle is basies swaar gepantserde skulp-brekers. Die meeste krappe kom in die see voor, maar daar is 'n paar wat in varswater voorkom, en selfs 'n paar wat op land leef. Die kleinste krappies word so groot soos 'n ertjie; die grootste (die Japanse spinnekopkrap) se bene word tot 4 meter lank.[2] Omtrent 7 000 spesies is bekend.[3]

Krappe is omnivore en vreet bykans enigiets. Dikwels is dit alge, maar dierlike voedsel is noodsaaklik vir hulle gesondheid en ontwikkeling. Hulle sal weekdiere, skaaldiere asook wurms, swamme en bakterieë vreet.[4][5]

  1. Sammy De Grave, N. Dean Pentcheff, Shane T. Ahyong; et al. (2009). "A classification of living and fossil genera of decapod crustaceans". Raffles Bulletin of Zoology. Suppl. 21: 1–109. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 7 Januarie 2019. Besoek op 13 Desember 2015.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. "Size of crabs" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016.
  3. Walters, Martin & Johnson, Jinny. 2007. The World of Animals. Bath, Somerset: Parragon.
  4. Kennish, R. (1996). "Diet composition influeces the fitness of the herbivorous crab Grapsus albolineatus". Oecologia. 105 (1): 22–29. doi:10.1007/BF00328787.[dooie skakel]
  5. Buck T.L. (2003). "Diet choice in an omnivorous salt-marsh crab: different food types, body size, and habitat complexity". Journal of Experimental Marine Biology and Ecology. 292 (1): 103–116. doi:10.1016/S0022-0981(03)00146-1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2009. Besoek op 13 Desember 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne