KwaZulu-Natal

KwaZulu-Natal
(KwaZoeloe-Natal)

Wapen
Oppervlak 94 361 vk km
Bevolking (2011) 10 267 300[1]
Bevolking (2017) 11 060 000
Bevolkingsdigtheid 110 / vk km
Tale[1] Zoeloe (77,8%), Engels (13,2%), Xhosa (3,4%), Afrikaans (1,6%)
Etniese verdeling[1] Swart mense (86,8%), Asiërs (7,4%),
Wit mense (4,2%),
Bruin mense (1,4%)
Hoofstad Pietermaritzburg (1994–)
Ulundi (1994–2004)
Premier Nomusa Dube-Ncube (ANC)
Webwerf www.kwazulunatal.gov.za Edit this at Wikidata

KwaZulu-Natal of KwaZoeloe-Natal (uitgespreek /kwɑːˌzuːluː nəˈtɑːl/) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Pietermaritzburg en Durban is die grootste stad.

Zoeloes van Shakaland in hulle tradisionele kleredrag
Seremoniële ysterwaens met koperbeslag by die Bloedriviermonument vorm 'n walaer en herinner aan die berugte veldslag van 1838 toe 470 Voortrekkers danksy hul vuurwapens daarin geslaag het om die aanval van 20 000 tot 30 000 Zoeloekrygers af te weer
Landskapstoneel in die KwaZulu-Natalse Middellande (Midlands)

Die provinsie se binneland noord van die Tugelarivier, die hartland van die Zoeloe-koninkryk, het historiese bekendheid verwerf as die brandpunt van bloedige konflikte. Op sy slagvelde het Boerepioniers (Voortrekkers) en Britse soldate in die 19de eeu teen Zoeloekrygers geveg voordat die twee blanke volksgroepe teen mekaar oorlog gevoer het. Vandag neem georganiseerde toere toeriste na die historiese slagvelde.

Die Zoeloe-koninkryk, sy stigter Shaka en sy gevreesde krygers het die verbeelding van Europeërs aangegryp sedert die eerste blanke sendelinge hul werk hier begin het. Terwyl Zoeloes lankal deel geword het van Suid-Afrika se hoofstroom-samelewing, kan historiese museumdorpe soos dié van die oorspronklike Zoeloehoofstad Ondini met sy tradisionele byekorfhutte of Shakaland, die groot toeriste-aantreklikheid naby Eshowe, besigtig word.

Na die gebied suid van die Tugelarivier is teen die middel van die 19de eeu danksy die groot getal Britse immigrante as Witmansland verwys. Hier het Engelse setlaars van die diepste spore in Suid-Afrika gelaat. Toeriste mag in die koloniale leefstyl deel tydens akkommodasie in een van die streek se country houses wat intussen tot hotelle omgeskep is. Die Midlands-streek word deur golwende heuwellandskappe gekenmerk - met vrugbare boerderystreke, suikerplantasies, poloklubs en stylvolle kunsroetes.

  1. 1,0 1,1 1,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named 2011-sensus

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne