Kwasar

’n Kunstenaarsvoorstelling van ULAS J1120+0641, ’n verafgeleë kwasar aangedryf deur ’n swart kolk wat ’n massa het van 2 miljard keer dié van die Son.[1]
Bron: ESO/M. Kornmesser

’n Kwasar (van "kwasi-stellêre radiobron") is ’n energieryke, verafgeleë aktiewe sterrestelselkern. Kwasars is uiters helder en is aanvanklik beskou as bronne van elektromagnetiese energie met ’n hoë rooiverskuiwing, insluitende radiogolwe, en sigbare lig wat puntbronne, soos sterre, is eerder as verspreide bronne, soos sterrestelsels.

Terwyl die aard van die voorwerpe nog tot die vroeë 1980's omstrede was, stem wetenskaplikes nou saam dat ’n kwasar ’n kompakte streek in die middel van ’n groot sterrestelsel is wat ’n sentrale supermassiewe swartkolk omring. Hul grootte is 10–10 000 keer so groot soos die Schwarzschild-radius van die swartkolk. Die kwasar word van energie voorsien deur ’n akkresieskyf om die swartkolk.

  1. "Most Distant Quasar Found". ESO Science Release (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2020. Besoek op 4 Julie 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne