Legende

In hierdie skildery van Lady Godiva deur Jules Joseph Lefebvre (1891) is die ware historiese persoon volledig in die legende opgeneem en teen 'n nachronistiese, Middeleeuse agtergrond uitgebeeld.

'n Legende is 'n verhaal van menslike aksies wat in die verteller sowel as luisteraars se oë binne die menslike geskiedenis plaasgevind het en menslike waardes illustreer. Dit bevat sekere kwaliteite wat 'n skynwaarheid aan die verhaal verleen. Legendes sluit geen gebeure in wat buite die sfeer van "moontlikheid" bestaan nie, maar kan wonderwerke insluit. Legendes kan met verloop van tyd gewysig word ten einde hulle vars, lewendig en realisties te hou. Baie legendes speel in 'n sfeer van onsekerheid af. Die gevolg is dat hulle nooit sonder meer geglo word nie, maar ook nooit summier afgemaak word nie.[1]

Die Broers Grimm het legende as 'n volksverhaal omskryf wat histories gegrond is.[2] 'n Moderne volkskundige se professionele definisie van legende is in 1990 deur Timothy R. Tangherlini voorgestel:[3]

'n Legende is gewoonlik 'n kort (mono-) episodiese, tradisionele, hoogs ge-ekotipeerde[4] gemaak-historiese narratief wat op gesprekstrant oorgedra word. Op sielkundige vlak weerspieël dit 'n simboliese weergawe van volksgelowe en kollektiewe ervarings, en dit dien as 'n herbevestiging van algemeen aanvaarde waardes van die groep tot wie se tradisie dit behoort."

  1. Georges, Robert; Owens, Michael (1995). Folkloristics. United States of America: Indiana University Press. p. 7. ISBN 0-253-32934-5.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. Norbert Krapf, Beneath the Cherry Sapling: Legends from Franconia (New York: Fordham University Press) 1988, devotes his opening section to distinguishing the genre of legend from other narrative forms, such as fairy tale; he "reiterates the Grimms' definition of legend as a folktale historically grounded", according to Hans Sebald's review in German Studies Review 13.2 (May 1990), p 312.
  3. Tangherlini, "'It Happened Not Too Far from Here.
  4. That is to say, specifically located in place and time.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne