Lewisteorie

Die Lewisteorie was een van die eerste teorieë wat gepoog het om die kovalente binding in chemie te verklaar. Hierdie teorie is deur Gilbert Lewis geformuleer en het oorspronklik berus op die waarneming dat die atome in die meeste stabiele chemiese verbindings oor 'n edelgaskonfigurasie beskik. Vir waterstofatome beteken dit dat hulle twee valenselektrone besit, en by al die ander gevalle, agt valenselektrone.

Die Lewisteorie stel mens in staat om op 'n heel eenvoudige wyse vas te stel watter elektronstruktuur die mees waarskynlike sal wees vir verskillende chemiese stowwe. Saam met die VSEPR-teorie is dit ook moontlik om te voorspel watter driedimensionale struktuur 'n molekuul of ioon waarskynlik sal besit. Dit dui in vele gevalle ook aan watter chemiese reaksies die molekuul kan ondergaan.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne