Librasie

Die fases en librasie van die Maan vir 2013 met uurlikse tussenposes. Met musiek, byskrifte en bykomende grafika.

Librasie in sterrekunde is ’n waargenome skommelbeweging terwyl een liggaam om ’n ander wentel, veral die beweging van die Maan met betrekking tot die Aarde of van trojaanse asteroïdes met betrekking tot planete. Die maan se librasie is iets anders as die oënskynlike verskille in die grootte van die Maan soos van die Aarde af gesien. Hoewel dié verskynsel ook as ’n skommelbeweging beskryf kan word, word dit veroorsaak deur die werklike verandering in die afstand van die Maan vanweë sy elliptiese wentelbaan. Librasie word deur die eienskappe hier onder veroorsaak.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne