Limbo

Jesus in Limbo, deur Domenico Beccafumi.

In Katolieke teologie is limbo of limbus (Latyn: limbus, "rand" of "grens") ’n leerstelling oor die status in die hiernamaals van ongedoopte maar onskuldige siele, soos dié van babas en vroom mense wat voor Jesus se geboorte gelewe het – dus dié wat net erfsonde het. Volgens Middeleeuse teoloë in Wes-Europa was die doderyk in vier dele verdeel: die hel van die verdoemdes[1], die vaevuur, die limbo van die vaders en die limbo van babas. Laasgenoemde is egter nie ’n leerstelling van die Katolieke Kerk nie.

  1. Catholic Encyclopedia: Hell

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne