Lucy

Lucy
'n Beeld van die fossiel.

Algemene naam Lucy
Katalogusnommer AL 288-1
Spesie Australopithecus afarensis
Ouderdom 3,2 miljoen jaar[1]
Plek ontdek Afar-driehoek, Ethiopië
Datum ontdek 24 November 1974
Ontdek deur Donald Johanson
Maurice Taieb
Yves Coppens
Tom Gray[2]

Lucy is die gewilde naam van AL 288-1, ’n paar honderd stukke been wat omtrent 40% van die geraamte van ’n vroulike Australopithecus afarensis uitmaak. Dit is in 1974 in die Afar-driehoek in Ethiopië ontdek. In paleoantropologie word gewoonlik net fossielfragmente ontdek, en selde skedels of ribbes; dus was dit ’n groot ontdekking wat ’n enorme hoeveelheid wetenskaplike inligting verskaf het. Lucy is na raming sowat 3,2 miljoen jaar oud[1] en word geklassifiseer as ’n hominied.[3]

’n Replika van die oorblyfsels van Lucy, in die Museo Nacional de Antropología, Meksikostad.

Die geraamte toon Lucy het ’n klein breinkapasiteit gehad, soos ape, en regop geloop, soos mense, en dit steun die teorie van sommige geleerdes dat die mens se voorouers al regop geloop het voor hul breingrootte begin toeneem het.[4]

  1. 1,0 1,1 "Mother of man – 3.2 million years ago" (in Engels). BBC Home. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 10 Oktober 2008.
  2. "Institute of Human Origins: Lucy's Story" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2014. Besoek op 15 Februarie 2014.
  3. Rak, Y.; Ginzburg, A.; Geffen, E. (2007). "Gorilla-like anatomy on Australopithecus afarensis mandibles suggests Au. Afarensis link to robust australopiths". National Academy of Sciences 104 (16): 6568. doi:10.1073/pnas.0606454104
  4. Stephen Tomkins (1998). The Origins of Humankind. Cambridge University Press. ISBN 0-521-46676-8.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne