MacPhersonstut

'n Volledige MacPhersonstut
'n Eenvoudige MacPhersonstutsuspensie aan die regtervoorwiel van 'n motor. Rooi: Stuur of stompas Blou: Onderste beheerarm Ligblou: Stuurstang Onder pers: Radiusstaaf Bo pers: Kronkelveer Geel: Buis bevattende die skokbreker Groen: Motor se subraam.

'n MacPhersonstut is 'n tipe motorsuspensiestelsel wat die bokant van 'n teleskopiese skokbreker as die boonste stuurspilpunt gebruik. Dit word wyd gebruik aan die voorste suspensie van moderne voertuie en is vernoem na Earle S. MacPherson, wat die ontwerp ontwikkel het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne