Mantel (geologie)

'n Deursnit van die Aarde: Die aardkors (1 kontinentale kors en 2 oseaniese kors) vorm die dun boonste lagie. 3 en 4 is die mantel en 5 en 6 die kern.

'n Mantel in geologie is die laag binne-in 'n planetêre liggaam, tussen die kors en die kern. Mantels bestaan uit rots of vlugtige yse en is gewoonlik die grootste en swaarste deel van die liggaam. Mantels is kenmerkend van planetêre liggame wat differensiasie ondergaan het deur digtheid. In die Sonnestelsel het al die aardplanete (insluitende die Aarde), 'n paar asteroïdes en sommige natuurlike satelliete mantels.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne