Marcel Proust



Marcel Proust

Franse skrywer, kritikus en essayis


Handtekening


Gebore
10 Julie 1871
in Auteuil, Parys,
Frankryk


Oorlede
18 November 1922
in Parys, Frankryk


Literêre stroming
Impressionisme
Modernisme


Bekende werke


À la recherce du temps perdu (1913-1927)

Valentin Louis Georges Eugène Marcel Proust ([maʁsɛl pʁust]; * 10 Julie 1871, † 18 November 1922) was 'n Franse skrywer, kritikus en essayis wat veral met sy omvangryke roman en hoofwerk À la recherche du temps perdu ("Op soek na verlore tyd") bekendheid verwerf het.

In dié werk, wat tussen 1913 en 1927 in sewe boekdele gepubliseer is, gee Proust 'n noukeurige beskrywing van die mondaine, gesofistikeerde Franse samelewing in die Belle Époque- of Fin de siècle-tydperk met al sy aspekte. Die struktuur van À la recherche du temps perdu was rigtingwysend vir die ontwikkeling van die moderne roman. Opvallend is die sirkulariteit van ruimte en tyd. Die gebeure word nie meer in 'n chronologiese volgorde vertel nie; die verlede en teenswoordige tyd loop parallel met mekaar.[1]

  1. Dr. Detlef Langermann (red.): Duden Abiturwissen Literatur. Tweede hersiene uitgawe. Mannheim, Leipzig, Wene en Zürich: Dudenverlag 2007. Berlyn en Frankfurt am Main: DUDEN PAETEC Schulbuchverlag 2007, bl. 355-356

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne