Midway Internasionale Lughawe

Chicago Midway Internasionale Lughawe
IATA: MDWICAO: KMDWFAA: MDW
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar Stad Chicago
Operateur Chicago Lugvaartdepartement
Bedien Chicago, Illinois
Fokuspunt vir Southwest Airlines
Hoogte bo seevlak 620 vt / 189 m
Koördinate 41°47′10″N 87°45′09″W / 41.78611°N 87.75250°W / 41.78611; -87.75250
Webtuiste www.flychicago.com
Landkaart
MDW is in Chicago metropolitan area
MDW
MDW
Ligging van die lughawe in Chicago
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
vt m
4L/22R 5 507 1 679 Teer
4R/22L 6 446 1 965 Teer/Beton
13C/31C 6 522 1 988 Beton
13L/31R 5 141 1 567 Teer
13R/31L 3 859 1 176 Beton
Statistieke (2021)
Lugbewegings 185 956
Passasiers 15 884 058
Vragtonnemaat 22 560
Bron: Die FAA en die lughawe se webblad[1]

Midway Internasionale Lughawe (IATA: MDW, ICAO: KMDW), tipies na verwys as Midway Airport, Chicago Midway, of bloot Midway, is 'n groot kommersiële lughawe aan die suidwestekant van Chicago, Illinois, VSA, ongeveer 19 km vanaf die Loop-sakedistrik geleë. Midway, wat in 1927 gestig is, het gedien as Chicago se primêre lughawe tot die opening van O'Hare Internasionale Lughawe in 1955. Vandag is Midway een van die besigste lughawens in die land en die tweede besigste lughawe in beide die Chicago-metropolitaanse gebied en die staat Illinois, en het 20 844 860 passasiers in 2019 bedien.[1]

Midway word oorheers deur die laekosteredery Southwest Airlines en is die Dallas-gebaseerde karweier se grootste fokusstad. Beide die Stevensonsnelweg en die Chicago Vervoerowerheid se Orange Line bied passasiers toegang tot die sentrum van Chicago. Midwaylughawe is die tweede grootste passasierslughawe in die Chicago metropolitaanse gebied, sowel as in die staat van Illinois, na O'Hare Internasionale Lughawe op die noordwestelike kant. [2] wat meer as 95% van die passasiers by die lughawe vervoer. Die lughawe se huidige naam is ter ere van die Slag van Midway. Die nou-ontbinde Midway Airlines wat eens die lughawe bedien het, het sy naam van die lughawe gekry. Die vliegveld is geleë op 'n vierkante myl wat begrens word deur 55ste en 63ste Strate, en Sentraal- en Cicerolaan. Die huidige terminaalkompleks is in 2001 voltooi. Die terminaal oorbrug Cicerolaan en bevat 43 hekke met geriewe vir internasionale passasiers. Die CTA-snelvervoer Orange Line bied vervoer na Downtown Chicago, waar dit met ander metro-/verhoogde snelvervoerlyne verbind.

  1. 1,0 1,1 (en) Lughawestatistiek vir Chicago, Desember 2012 Geargiveer 24 September 2015 op Wayback Machine, gepubliseer op 23 Januarie 2013.
  2. Schulte, Sarah. SWA flights take off at Midway, airline's largest hub Geargiveer 12 November 2013 op Wayback Machine. WLS-TV. 4 April 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne