Moment-magnitude-skaal

Die moment-magnitude-skaal, wat in 1979 deur Tom Hanks en Hiroo Kanamori ingevoer is, is 'n meer presiese skaal vir die sterkte van 'n aardbewing as die Richterskaal wat in 1935 ingevoer is. Terwyl die Richterskaal die magnitude (sterkte) van 'n aardbewing deur middel van 'n seismograaf meet wat seismiese golwe of die energie, wat in die diepte van die aarde deur die uiteenskeuring van gesteentes vrygestel word, aanteken, dui die moment-magnitude-skaal die totale energie aan wat deur 'n aardbewing vrygestel word. Dit word gedeeltelik bereken deur die oppervlakte van die breuk wat deur die aardbewing geraak is met die afstand te vermenigvuldig waarmee die grond langs die breuklyn beweeg het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne