Morbihan

Morbihan (56)
Gewes Bretagne
Prefektuur Vannes
Onderprefekture Lorient
Pontivy
Bevolking 643  873 inw.
(1999)
Bevolkingsdigtheid 94 inw./vk km
Oppervlakte 6 823 vk km
Arrondissemente 3
Kantonne 42
Munisipaliteite 261
President van die
Conseil général
François Goulard
(Les Républicains)
Die eiland Belle-Île: Port Coton

Morbihan is sedert 1790 'n département in Bretagne, Frankryk, met 'n oppervlakte van 6 823 km² en sowat 647 000 inwoners (2003). Die hoofstad (prefektuur) is Vannes.

Morbihan is die enigste département wat geen Franse naam dra nie. Die Bretonse "Morbihan" beteken "klein see" en beskryf die Golf van Morbihan wat soos 'n klein binnesee met honderde eilande lyk. Die kuslengte van sowat 500 kilometer sluit verskillende landskapsvorme van rotsberge tot sandstrande in, en talle van sy klein baaie is natuurreservate. Die baai van Quiberon is 'n belangrike kruisvaarthawe. Die département beskik oor een van die gewildste watersportsentra in Europa, met bekende jaghawens soos La Trinité-sur-Mer, Carnac, Port-Haliguen en Le Crouesty op die skiereiland Rhuys.

Twee ander stede in die département is ook bekendes in die watersport – Lorient, die uitgangspunt vir groot transatlantiese regattas in Europa, en Vannes, waar groot Franse seilregattas plaasvind.

Die gematigde klimaat en baie sonskynure bevorder die ongewone fauna en flora van die gebied wat 'n mens so ver in die noorde eintlik nie meer sou verwag nie. Die département huisves een van die grootste seevoëlkolonies langs die Atlantiese kus van Frankryk, waaronder sowat een kwart van die wêreld se wildeganse. Die klimaat met sy gesonde seelug het van die gebied die Franse sentrum van die thalassoterapie gemaak.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne