Namakwaland

Kaart van Namakwaland.

Namakwaland (letterlik: Nama Khoi-mense se land) is 'n distrik in die Noord-Kaap in die mees noordwestelike hoek van die land, antikloksgewys begrens deur die Atlantiese Oseaan, die Noordweste, Boesmanland en Namibië. Die hoofdorp is Springbok en ander vername dorpe is Garies, Port Nolloth, Kamieskroon, Alexanderbaai, Steinkopf, Hondeklipbaai en Leliefontein. Gebiede ten Suide van Namakwaland word dikwels verkeerdelik by die distrik ingesluit. Die dorpies Bitterfontein en Nuwerus is byvoorbeeld die mees noordelike nedersettings in die Noordweste van Wes-Kaap, terwyl Pofadder in die Ooste die hoofdorp van Boesmanland is. Die N7 nasionale pad gaan deur die Namakwaland.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne