Suid-Afrika het geadministreer wat destyds nog bekend gestaan het as Suidwes-Afrika, sedert dit die Duitse gebied tydens die Eerste Wêreldoorlog verower het en aansluitend 'n Volkebondmandaat gekry het om die gebied te administreer. In 1966 het die Verenigde Nasies se algemene Vergadering, die opvolger van die Volkebond, Suid-Afrika se mandaat om Suidwes-Afrika te regeer ingetrek en verklaar dat dit onder direkte VN-administrasie sal wees. Suid-Afrika het geweier om hierdie besluit te erken en het voortgegaan om die gebied de facto te administreer.[21]
Op 26 Augustus 1966 het guerillamagte van die SWAPO met 'n aanval teen die Suid-Afrikaanse Weermag in Omugulugwombashe begin. Dit was die eerste gewapende geveg tydens die Namibiese stryd vir onafhanklikheid.[22] In herdenking van die dag, is die 26 Augustus 'n openbare vakansiedag in Namibië. Dit is deur die Verenigde Nasies erken as Namibië Dag,[23] maar Namibiërs verwys daarna as Heldedag.
Die oorlog is beëindig met die New York-ooreenkoms op 22 Desember 1988, wat ook direkte betrokkenheid van buitelandse troepe in die Angolese burgeroorlog beëindig het. Namibië verkry onafhanklikheid op 21 Maart 1990 en in die volgende verkiesing wen SWAPO 55 van die 72 setels in die Nasionale Vergadering van Namibië, sodat hulle 'n nasionale regering kon vorm.[24]
↑ 1,01,1(en) Fryxell, Cole. To Be Born a Nation. p. 13.
↑(en) Cuba Annual Report: 1986, 1986. bl. 538-539.
↑(en) Interparliamentary Union Conference, Sofia, Bulgaria:
Report of the United States Delegation to the 64th Conference of the Interparliamentary Union, Held at Sofia, Bulgaria, September 21–30, 1977. bl. 42
↑(en) Record of Proceedings -International Labour Conference 6, 1982. bl. 4.
↑(en) Tanzania: A Political Economy, 2013. bl. 355.
↑(en) SWAPO and the struggle for national self-determination in Namibia, 1980. bl. 33.