Noord-Friese Eilande

Noord-Friese Eilande
Inheemse naam: Nordfriesische Inseln
Die Noord-Friese eilandketting in die Noord-Friese en Deense Waddesee
Die Noord-Friese eilandketting in die Noord-Friese en Deense Waddesee
Geografie

Ligging Noord-Friesland, Sleeswyk-Holstein, Waddesee
Koördinate 54°44′N 8°20′O / 54.733°N 8.333°O / 54.733; 8.333

Totale eilande 13
Hoofeilande Sylt, Föhr, Amrum, Pellworm

Administrasie
Vlag van Duitsland Duitsland
Deelstaat Sleeswyk-Holstein

Vlag van Denemarke Denemarke
Streek Syddanmark

Die Noord-Friese Eilande (Deens: Nordfrisiske Øer, Duits: Nordfriesische Inseln, Noord-Fries: Nuurdfresk eilunen) is langs die weskus van die Duitse deelstaat Sleeswyk-Holstein in die Noord-Friese Waddesee geleë. Hulle word omsluit deur die Nasionale Park Sleeswyk-Holsteinse Waddesee, maar maak self nie deel uit van dié natuurreservaat nie. Administratief behoort hulle aan die distrik Nordfriesland.

Soms word ook die Deense Waddesee-eilande, wat langs die weskus van Jutland in Suid-Denemarke geleë is, by die Noord-Friese Eilande gereken. Hierdie kategorisering is suiwer geografies van aard aangesien die Deense eilande, anders as hulle Duitse eweknieë, nooit deur Friese bewoon is nie.

Naas die groter eilande is daar ook klein eilandjies wat in Duits Halligen genoem word. Hulle word gewoonlik nie deur middel van dyke teen vloedwater beskerm nie sodat alle geboue op hoër geleë plekke, sogenaamde Warften, opgerig word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne