Nowodewitsji-klooster

Ensemble van die Nowodewitsji-klooster*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die Nowodewitsji-klooster.
Ligging van Nowodewitsji-klooster op 'n kaart (Rusland)
Nowodewitsji-klooster
Nowodewitsji-klooster
Posisie van die Nowodewitsji-klooster in Rusland
Koördinate: 55°43′43″N 37°33′22″O / 55.72861°N 37.55611°O / 55.72861; 37.55611
Lande Vlag van Rusland Rusland
Tipe Kultureel
Kriteria i, iv, vi
Verwysings 1097
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2004  (28ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Nowodewitsji-klooster, ook bekend as die Bogoroditse-Smolenski-klooster (Russies: Новодевичий Богородице-Смоленский женский монастырь) is moontlik die bekendste klooster in Moskou. Sy naam, wat soms vertaal word as die "Nuwemaagdeklooster", is ontwerp om te verskil van ’n oumaagdeklooster (Starodewitsji-klooster) in die Moskouse Kremlin. Anders as ander Moskouse kloosters, het dit sedert die 17de eeu feitlik onveranderd gebly. In 2004 is dit verklaar tot ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne