Nuwe Republiekparty

Sir De Villiers Graaff, 1941. Sy soeke na 'n opposisieparty wat meer steun as die Verenigde Party sou kon trek, lei in 1977 tot die stigting van die Nuwe Republiekparty. Hy was 'n rukkie lank tussentydse leier van die party, wat op sy beste net 'n kwart van die VP se steun geniet het.

Die Nuwe Republiekparty is in 1977 in Suid-Afrika gestig om die opposisie links van die Nasionale Party saam te snoer en selfs uiteindelik 'n alternatiewe regering te word, maar die party misluk klaaglik in sy doel en verdwyn in Maart 1988 van die politieke toneel.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne