Oorgelewerde Griekse teks

Desiderius Erasmus se Nuwe Testament van 1516 was die eerste samevatting van die Oorgelewerde Griekse teks, en die grondslag vir die Duitse en Engelse vertalings deur Luther en Tyndale onderskeidelik.
Die laaste bladsy van die Erasmiese Nuwe Testament (Openbaring 22:8-21)

Die Oorgelewerde Griekse teks (Latyn: Textus Receptus) is die naam van die opeenvolgende gedrukte Griekse tekste van die Nuwe Testament wat die vertalingsgrondslae gevorm het vir die oorspronklike Duitse Lutherse Bybel, asook vir die vertaling van die Nuwe Testament in Engels deur William Tyndale, die Koning James-weergawe en meeste ander Nuwe Testamentiese vertalings van die Reformasie-era regdeur Wes- en Sentraal-Europa. Hierdie opeenvolging het ontstaan by die eerste gedrukte Griekse Nuwe Testament om gepubliseer te word, naamlik 'n werk wat in Basel onderneem is deur die Nederlandse Katolieke geleerde en humanis Desiderius Erasmus in 1516, met as grondslag ongeveer ses manuskripte, wat onderling bykans die hele Nuwe Testament omvat het. Die ontbrekende teks is uit die Vulgaat aangevul. Alhoewel hoofsaaklik gebaseer op latere manuskripte van die Bisantynse skrifbewoording, het Erasmus se uitgawe merkbaar verskil van die klassieke teksvorm.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne