Pan (genus)

Sjimpansees en bonobo’s
Tydperk: Middel-Plioseen-tans
Lede van die genus Pan: ’n sjimpansee (links) en ’n bonobo.
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Primates
Suborde: Haplorhini
Infraorde: Simiiformes
Familie: Hominidae
Subfamilie: Homininae
Tribus: Hominini
Subtribus: Panina
Genus: Pan
Oken, 1816
Tipespesie
Pan troglodytes
Blumenbach, 1776
Spesies

Pan troglodytes
Pan paniscus

Die verspreiding van Pan troglodytes (sjimpansee) en Pan paniscus (bonobo, in rooi).

Die genus Pan bestaan uit twee lewende spesies: die sjimpansee en die bonobo. Taksonomies word dié twee aapspesies saam die paniene genoem,[1][2] maar in niewetenskaplike taal word gewoonlik na albei saam as die "sjimpansee" verwys. Saam met die mens, gorilla en orangoetang is hulle deel van die familie Hominidae (die groot ape, of "hominiede").

Sjimpansees en bonobo’s is inheems aan Afrika suid van die Sahara en word albei in die Kongowoud aangetref, terwyl net die sjimpansee ook verder noord in Wes-Afrika voorkom. Albei spesies is bedreig volgens die IUBN-rooilys en in 2017 het die Bonn-konvensie oor bedreigde spesies die sjimpansee gekies vir spesiale beskerming.[3]

  1. Muehlenbein, M. P. (2015). Basics in Human Evolution. Elsevier Science. pp. 114–115. ISBN 9780128026526.
  2. Diogo, R.; Molnar, J. L.; Wood, B. (2017). "Bonobo anatomy reveals stasis and mosaicism in chimpanzee evolution, and supports bonobos as the most appropriate extant model for the common ancestor of chimpanzees and humans". Scientific Reports. 7 (608): 608. Bibcode:2017NatSR...7..608D. doi:10.1038/s41598-017-00548-3. ISSN 2045-2322. PMC 5428693. PMID 28377592.
  3. "Chimpanzees among 33 breeds selected for special protection". BBC. 28 Oktober 2017. Besoek op 30 Oktober 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne