Pastorie

Die pastorie van die NG gemeente Glen Lynden op Bedford in die Oos-Kaap.
Die NG gemeente Merweville se pastorie is in 1907 in gebruik geneem. Die eerste bewoners was ds. Schalk Pienaar en sy vrou, Sarie Roos, die suster van Tielman Roos en Paul Roos.

'n Pastorie (meervoud: pastorieë) is die ampswoning van 'n predikant. Dit behoort aan die kerk en word aan 'n predikant beskikbaar gestel om in te woon.

In Suid-Afrika word die erf waarop die pastorie staan van eiendomsbelasting vrygestel. Die pastorie moet egter deur 'n amptelike leraar van die gemeente bewoon word. As die pastorie verkoop of aan iemand anders as die leraar verhuur word, word dit normaal belas.[1]

  1. Die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Eiendomsbelasting, 2004 (Wet No. 6 van 2004), soos gewysig deur Hoofstuk 4 van die Local Goverment Laws Amendment Act No. 19 van 2008 (13/10/2008) Geargiveer 4 Maart 2016 op Wayback Machine, besoek op 15 Augustus 2014

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne