Pergamon

Pergamon en sy kulturele landskap met verskeie lae*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die Tempel van Trajanus by Pergamon
Ligging van Pergamon op 'n kaart (Turkye)
Pergamon
Pergamon
Ligging van Pergamon in Turkye
Koördinate: 39°07′57″N 27°11′03″O / 39.13250°N 27.18417°O / 39.13250; 27.18417
Lande Vlag van Turkye Turkye
Tipe Kultureel
Kriteria i, ii, iii, iv, vi
Verwysings 1457
Streek Asië
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2014  (38ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Pergamon (Grieks: Πέργαμος of Πέργαμον, Latyn: Pergamum) was ’n antieke Griekse stad in die huidige Turkye. Dit is sowat 26 km van die Egeïese See geleë op ’n kaap noord van die rivier Caicus (die huidige Bakırçay). Dit het die hoofstad van die Koninkryk Pergamum geword tydens die Hellenistiese tydperk onder die Attalidiese dinastie, 281-133 v.C. Die belangrikste oorblyfsels van die antieke stad is vandag noord en wes van die moderne stad Bergama. Pergamon is in 2014 deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne