Prinse-eilande

Prinse-eilande

Prens Adaları (Adalar)
Distrik
Prinse-eilande is in Turkye
Prinse-eilande
Prinse-eilande
Ligging van Antakya in Turkye.
Koördinate: 40°52′N 29°6′O / 40.867°N 29.100°O / 40.867; 29.100
LandVlag van Turkye Turkye
Administratiewe gewesMarmara
ProvinsieIstanboel
Regering
 • BurgemeesterAtilla Aytaç (CHP)
 • GoewerneurMevlüt Kurban
Oppervlak
 • Totaal15,85 km2 (6,12 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal14 552
 • Digtheid920/km2 (2 400/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (OET)
 • SomertydUTC+3 (OEST)
Skakelkodes0-216
Webwerfantakya.bel.tr
adalar.gov.tr

Die Prinse-eilande (Turks: Prens Adaları) is nege eilande aan die kus van Istanboel, Turkye, in die See van Marmara.

Die Turkse naam is Prens Adaları (Prinseilande), of meer dikwels Kızıl Adalar (Rooi Eilande) of net Adalar, soos wat hulle amptelik genoem word. Die antieke Griekse naam is Πριγκήπων νήσοι (Prinkēpōn nēsoi) en die moderne Griekse naam τα Πριγκηπόνησα (ta Prinkiponisa) of Πριγκηπονήσια (Prinkiponisia).

Kaşık Adası ("Lepel-eiland") soos gesien vanaf Burgazada.

Die grootste vier eilande van die groep is Büyükada ("Groot Eiland") van 5,46 km2, Heybeliada ("Saalsak-eiland") van 2,4 km2, Burgazada van 1,5 km2 en Kınalıada ("Henna-eiland") van 1,3 km2.

Die vyf kleineres is Sedef Adası ("Perlemoen-eiland) van 0,157 km2, Yassıada ("Plat Eiland") van 0,05 km2, Sivriada ("Skerp Eiland") van 0,05 km2, Kaşık Adası ("Lepel-eiland") van 0,006 km2 en Tavşanadası ("Haaseiland") van 0,004 km2.

Die eilande is een van die distrikte van die Istanboel-provinsie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne