Qwaqwa

Qwaqwa

1974 – 1994
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of Qwaqwa
Ligging of Qwaqwa
Ligging van Qwaqwa in Suid-Afrika
Hoofstad Phuthaditjhaba
Taal/Tale Sesotho, Engels, Afrikaans
Regering Republiek
Hoofminister Kenneth Mopeli
Wetgewer Parlement
Historiese tydperk Apartheid
 - Stigting 1 November 1974
 - Weer ingelyf in Suid-Afrika 27 April 1994
Oppervlakte
 - 1994 1 040 km2
402 sq mi
Bevolking
 - 1994 skatting 288 155 
     Digtheid 277,1 /km² 
717,6 /sq mi
Geldeenheid Suid-Afrikaanse Rand

Qwaqwa was 'n selfregerende tuisland ("bantoestan") in die oostelike Vrystaat in Suid-Afrika. Die tuisland het slegs 655 km² grondgebied beslaan. Die hoofstad van Qwaqwa was Phuthaditjhaba en die gebied het 180 000 Sotho-sprekendes as inwoners gehad.

Qwaqwa is die Suid-Sotho woord vir witter as wit, moontlik 'n verwysing na die gereelde wit sneeu op die bergpieke in die omgewing. Die hoofstad het ook as Witsieshoek bekend gestaan in Afrikaans.

Die twee vernaamste stamme in die omgewing is die Bakoena en die Batlokoa. Die twee stamme het in 1969 verenig en die naam Qwaqwa aangeneem. Op 1 November 1974 is selfregering aan Qwaqwa toegestaan. Na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 is die tuisland heringelyf by die Republiek van Suid-Afrika. Die Qwaqwa-hoofminister van 1974 tot 1994 was Kenneth Mopeli.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne