Rigters

Rigters is die sewende boek van die Hebreeuse Bybel.

Die boek handel oor die verowering van Kanaän en die lewe in Kanaän toe daar nog nie 'n koning oor die Israeliete geregeer het nie. Die boek is op 'n besondere manier saamgestel: die volk word ontrou aan die Here, dien dan afgode, word deur die Here gestraf, roep tot Hom om hulp en dan stuur Hy 'n leier om hulle te red van die nasies aan wie se mag die Here hulle oorgegee het.

'n Tydjie gaan dit goed totdat die volk weer ontrou aan die Here word. In die laaste hoofstukke word 'n beeld gegee van die wanorde wat daar op godsdienstige en sedelike gebied geheers het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne