Rutiel

Rutiel
 
Formule TiO2 
Onsuiwerhede Fe,Ta,Nb,Cr,V,Sn 
Nickel-Strunz (10) 4.DB.05  
Kleur bloedrooi, buinerig geel, bruinrooi, geel, grysswart, swart, bruin, blouerig[1] 
Streep grysswart, ligbruin, liggeel 
Glans soos diamant, metallies 
Hardheid 6 – 6,5 (Mohs) 
Digtheid 4,23(2) g/cm3 
Dubbelbreking eenassig 
RI-waardes 2,605/13 en 2,899/901 
Kristalsisteem tetragonaal 
Ruimtegroep P4₂/mnm 
Strukturbericht-kode C4 
Eenheidsel a = 4.5937 Å, c = 2.9587 Å 
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Rutiel is 'n mineraal met chemiese formule TiO2.

Dis een van ses minerale met hierdie samestelling. Die bekendste ander strukture is anataas (tetragonaal) en brookiet (ortorombies). Rutiel kom voor in die hoëtemperatuur- en hoëdrukfase. Anataas transformeer na rutiel bo 730 °C. Benewens hierdie strukture is ook bekend:

  1. 'n TiO2(B)-struktuur met 'n struktuur wat naverwant aan die VO2(B)-struktuur is.
  2. 'n TiO2(II)-polimorf wat 'n alfa-PbO2-tipe struktuur het.
  3. 'n baie metastabiele vorm TiO2(H) wat 'n hollandiet-struktuur het.

Om die verskeie polimorfe te onderskei word X-straaldiffraksie of Ramanspektroskopie dikwels aangewend.[2]

  1. "mindat 3486" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020.
  2. Rutile and its applications in earth sciences Guido Meinhold Earth-Science Reviews 102 (2010) 1-28

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne