Sinsbou

Sinsbou, sintaksis of sinsleer het onder meer te doen met hoe sinne opgebou word, want die volgorde van die sin speel dikwels 'n belangrike rol by die betekenis wat oorgedra word. Sintaksis het dus te make met die verhouding waarin woorde tot mekaar staan in sinne. Voorbeelde waar sintaksis die betekenis van 'n sin kan verander:

  • Cassie vertel 'n langer storie. Cassie vertel 'n storie langer.
  • Dis ver van mooi af. Dis mooi van ver af.

Sintaksis steun dikwels sterk op woordsoortetikettering om analises te doen. So ook kan die verskeie sinstipes verder geklassifiseer word na verlang van die eenhede waaruit die sin bestaan en die funksie wat elke sinsdeel vervul.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne